PRETORIA JEUG

Welkom by Helpende Hand Pretoria Jeugaksie

ONS IS

ONS IS

Untitled-design-1024x1024

Wie is Helpende Hand?

Helpende Hand is Afrikaanssprekendes met Christelike waardes wat fokus op gemeenskapsontwikkeling.

Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap.

Ons leef in ’n gemeenskap en wil die gemeenskap waarin ons leef ontwikkel. Ons streef na volhoubare oplossings om Afrikaner-armoede te verlig, voorkom en verbreek.

  • Ons hooffokus is om:

    • die jeug in hul gemeenskap betrokke te kry
    • volhoubare projekte wat die jeug graag in die gemeenskap wil sien, te implementeer
    • studente met studiefondse te help
    • leierskap en vaardighede onder jongmense te ontwikkel en implementeer

Hoe kan jy betrokke raak?

Sluit by Pretoria Jeugaksie aan en pak volhoubare projekte saam met ons aan.

Ondersteun ons met ʼn eenmalige finansiële bydrae.

Vertel jou vriende van Helpende Hand! Ons benodig jou hande!

Sluit as ʼn ondersteuner vir slegs R50 per maand!

Kontak een van ons Jeugorganiseerders

Vul die vorm in en raak betrokke!

Picture1

Ons bied leierskapsontwikkelings-programme vir seuns aan

Picture2

Ons verbreek kulturele armoede met besoeke aan monumente en museums

Picture3

Ons verbreek vereensaming onder bejaardes

WhatsApp Image 2022-09-09 at 8.37.35 AM

Ons reël lekker sosiale aksies, bv. om saam by Wolwespruit te gaan stap, bordspeletjies te speel, en te braai.

WhatsApp Image 2022-09-09 at 8.26.41 AM

Ons verlig, verbreek en voorkom finansiële armoede deur studente met hulle studies by te staan.