Jeugaksie Kongres 2023
Wie is Solidariteit Helpende Hand Jeugaksie?
Solidariteit Helpende Hand Pretoria Jeugaksie het in 2022 tot stand gekom. Die Jeugaksie bestaan uit 'n groep jong vrywilligers tussen die ouderdom van 17 en 35 wat daagliks hand uit die mou steek om 'n volhoubare verskil in die gemeenskap te maak. Die Jeugaksie is tans in die groter Pretoria-area aktief en streef daarna om in die toekoms uit te brei en takke reg oor die land te stig.
Wat behels die Jeug Kongres
Die Jeugaksie bied hul eerste kongres op 30 September 2023 aan. Die doel van die kongres is om die jeug in te lig oor volhoubare gemeenskapsontwikkeling en hulle bewus te maak van die belangrikheid daarvan en van die jeug se betrokkenheid daarby. Die kongres moet vir alle kongresgangers as motivering dien en hulle bemagtig om self verantwoordelikheid te neem vir hul toekoms en die toekoms van ons gemeenskappe.
Tema: Jeug aan die beweeg
Hoofsprekers: Mnr. Hannes Noëth, dr. Dirk Hermann en dr. Connie Mulder
Motiveringspreker: Willem Engelbrecht
Datum: 30 September 2023
Tyd: 08:00 – 16:00
Plek: Sol-Tech, Duinlewerikstraat 16, Monumentpark, Pretoria
Koste: R150 p.p. (sluit middagete in)